Hoe om ‘n Dassie te Vang
Jakob was baie lief vir diere stories en het nogal 'n sagte plek gehad vir !Kaggen se vrou, die dassie. Die Witzenberge is vol van die dassies en ons het hulle gereeld hoor skree, veral as die witkruisarend verby sweef. Die alarmkreet wat die dassies gee klink baie soos 'n voël. Mense wat dit nie ken nie sal maklik dink dit is een of ander voël wat so skree.
Dassies is baie rats en kan soos blits in die rotsskeure verdwyn, waar mens hulle nie in die hande kan kry nie. Rooikatte moet wakker wees om 'n dassie te vang en die witkruisarend moet vinnig toeslaan indien hy een wil nuttig. Die luislang is eintlik die enigste ding wat agter hulle kan aanseil tot onder in die rotsskeure maar gelukkig vir die dassies is die luislang redelik stadig.
Die Boesmans hou van dassievleis want dit proe baie soos 'n haas en hulle velletjies maak baie lekker karosse wat warm is in die winter. Volgens Jakob was daar een Boesman van die ouer garde wat geweet het hoe om dassies te vang. Sy naam was Tatsie en hy het meeste van die tyd so 'n lang dik kareelat saam met hom gedra wat hy 'n "daslat" genoem het.
'n “Daslat” is 'n lang, reguit tak wat in die somer uit die Kareebome se stamme groei. Hierdie nuwe tak, omtrent so dik soos 'n vinger en ongeveer twee meter lank, het dikwels reguit boontoe gegroei en was baie buigsaam. Hierdie lang, dun, reguit tak word ‘n “lat” genoem, en 'n enkele dassie is 'n “das.” Dis hoekom hierdie reguit jong tak van die Kareeboom 'n “daslat” genoem word. Tatsie het die blare van hierdie jong tak afgetrek om die klewerige punt te onthul, wat perfek was om dassies mee te vang.
Die dassie,in Engels hyrax, hou daarvan om diep in die klipskeure van die koppies weg te kruip, wat dit moeilik maak om hulle te vang. Tatsie het vir hulle gewys hoe om die daslat diep in die skeure in te druk en die klewerige deel van die tak teen die vel van die arme dassie gedruk. Die dassie se hare klou dan aan die punt van die lat en deur die lat stadig te draai met die taai punt aan die dassie se pels, het hy eers die hare en daarna die vel om die punt van die daslat vas gewikkel. Op hierdie manier is die ongelukkige dassie aan die einde van die lat vasgedraai en kon dit al skoppend en skreeuend uit sy wegkruipplek getrek word. Tatsie het nooit die vleis of die vel van die dassies wat hy gevang het, gedeel nie.
Die ander Boesmans was bang vir Tatsie en het niks van hom gehou nie. Hulle het egter gesien hoe hy die dassies vang en kon dit toe self ook begin doen. Geen wonder die dassies het Tatsie gehaat en die alarm geluid gemaak wanneer enige Boesman naby die koppies gekom het nie.
Tatsie was baie keer lelik met die kinders, wat veral bang was vir die “daslat” want hy het hulle partykeer sommer oor die kop geslaan daarmee.
Lees meer oor die "dikvellige" ou Boesman en hoe sy ongeskiktheid die ander Boesmans dwars in die krop gesteek het. Tatsie se arrogante maniertjies en sy absolute selfsug, het gemaak dat die ander Boesmans hom probeer vermy het. Groot mense het draaie om hom geloop en die kinders het hom nog meer gehaat omdat hy hulle geboelie het. In 'n klein gemeenskap was sy optrede onaanvaarbaar. Vind uit wat gebeur het toe een van die ou vrouens besluit het om ontslae te raak van hom en hoe sy die mans gekry het om hom dood te maak!
The story of Tatasie, can be found on many online bookstores like Apple, Kobo or Smashwords. Here is a link to Smashwords for the full story:
https://www.smashwords.com/books/view/1691464