Camp Fire

Camp Fire
Kom maak jou hande warem, ek gooi solank vir ons 'n knertsie...

Welcome in the lapa where anybody is free to tell a story

Haai Chrisna Van Rensburg, met 'n nooiensvan Buys, is jy baie welkom.
Dankie vir jou boodskap"

"Is baie bly dat jy nog met ons is. Dis jou niggie wat praat of is jy ook in n ander land? Soek my oer oupa grootjie . Was Barend Buys in Nederland of in Duitsland of dalk in Suid-Afrika. Was hy ook blond soos “the king of the basterds” of is ek agter ek agter die tyd. Sien hy praat nou engels?"

Ja niggie, die oom moes maar ook leer om Ingels te praat (al haat ek die Ingelse) anders kom mens nie ver in die moderne wereld nie.

Dit is hoe die skip gelyk het wat jou grootjie Kaap toe gebring het. Die Risdam is 'n fluyt klas skip wat baie goed was vir sy tyd.

Risdam

Jou oupa-grootjie, Barend Buys, het op 9 January 1715, in die Kaap aan gekom op die VOC skip die Risdam. Soos jy se het hy van Braunschweig in Duitsland gekom as 'n soldaat. Hy het later vir die VOC gewerk en het 'n plaas gekry noord van Saldanha, aan die Weskus.
Vra bietjie vir Tony de Buys, hy weet baie meer van die familie bande af.